Die Tabernakel van Moses: Deel 23 – Die Groot Versoeningsdag

In Lev.16 lees ons die beskrywing van die Groot Versoeningsdag. Die Groot Versoeningsdag is ‘n tipe van Christus in Sy Plaasvervanging. (Bokke en stiere)

Die Hoëpriester se ingang in die Allerheiligste was een van die mees uitstaande gebeure op die Groot Versoeningsdag.

a)  ‘n Jong bul word geslag as ‘n Sondoffer. 

Die Hoëpriester neem ‘n kom met bloed so ver as die Waskom. Daar bad hy sy liggaam en trek die wit linnekleed aan. Dan neem hy weer die kom met bloed en dra dit tot in die Heiligdom. Daar neem hy die Wierookbak en vul dit met gloeiende kole en gooi ‘n hand vol fyngestampte reukwerk daarop. Die rook van die brandende reukwerk vul die Allerheiligste.

Nou stoot hy die Voorhangsel opsy en die rookwolk van die reukwerk gaan in die Allerheiligste en hy kom in die rookwolk binne en sprinkel die bloed op die Versoendeksel van die Ark.

Die Woord versoen beteken om te bedek. Die Hoëpriester bly onder die bedekking van die rook van die reukwerk, tot hy ‘n versoening met die bloed kon maak. Hierdie offerande was maar een maal per jaar gemaak om die geestlike dooie Israel te bedek.

b)  Die Sondofferbok.

Wanneer die Hoëpriester uit die Allerheiligste kom, gaan hy na die Sondofferbok, Asasel -”Scape goat”, wat deur ‘n jongman in die gereedheid gehou word. Aäron lê dan albei sy hande op die kop van die lewendige bok en bely al die misdade van die kinders van Israel.

Hy plaas al die sondes en oortredings op die kop van die bok. Daarna word die bok in die woestyn ingelei om deur die wilde diere gedood te word. Later was die bok na ‘n hoë krans, sowat 22,5 km buite Jerusalem geneem en daar afgestoot. So het Jesus ons sonde in Sy liggaam aan die kruishout vasgenael.

Soos die Hoëpriester een maal per jaar in die Allerheiligste ingegaan het, so het Jesus een maal in die Hemelse Heiligdom ingegaan en ‘n ewige versoening  bewerkstellig.

Die Tabernakel is ‘n tipe van Christus en Sy Versoeningswerk wat Hy vir die mens teweeg sou bring


Dankie dat u die toer deur die tabernakel saam met my geneem het. Ek bid en vertrou dat u sal groei tot in die allerheiligste teenwoordigheid van God.

Groete!

Pastoor Kiewiet van Staden

Lees ook:

Die Tabelnakel van Moses: Deel 1 – Inleiding

Die Tabernakel van Moses: Deel 2 – Die wet en die tabernakel

Die Tabernakel van Moses: Deel 3 – Die Plan

Die Tabernakel van Moses: Deel 4 – Die Poort

Die Tabernakel van Moses: Deel 5 – Die Voorhof

Die Tabernakel van Moses: Deel 6 – Die Brandoffer Altaar (Die Koper Altaar)

Die Tabernakel van Moses: Deel 7 – Die Verskillende Offergawes

Die Tabernakel van Moses: Deel 8 – Die Koperwaskom

Die Tabernakel van Moses: Deel 9 – Die Tabernakel

Die Tabernakel van Moses: Deel 10 – Die Viervoudige Bedekking

Die Tabernakel van Moses: Deel 11 – Die Heiligdom

Die Tabernakel van Moses: Deel 12 – Die Reukofferaltaar (Goue altaar)

Die Tabernakel van Moses: Deel 13 – Die Goue Kandelaar

Die Tabernakel van Moses: Deel 14 – Die Tafel met die Toonbrode

Die Tabernakel van Moses: Deel 15 – Die Voorhangsel

Die Tabernakel van Moses: Deel 16 – Die Allerheiligste

Die Tabernakel van Moses: Deel 17 – Die Verbondsark

Die Tabernakel van Moses: Deel 18 – Die Versoendeksel of Genadetroon

Die Tabernakel van Moses: Deel 19 – Die Inhoud van die Ark

Die Tabernakel van Moses: Deel 20 – Die Hoëpriester

Die Tabernakel van Moses: Deel 21 – Die Orde van die Laer – in die kamp en op trek

Die Tabernakel van Moses: Deel 22 – Die Wolkkolom

Volg ons asb: