Die Tabernakel van Moses: Deel 16 – Die Allerheiligste

Nou betree ons Die Allerheiligste. Sy mate was 15x15x15 voet (4,573 vierkante meter) – ‘n afbeelding van die Nuwe Jerusalem (Open. 21:16). Dit word die Allerheiligste genoem omdat die Allerheiligste EEN daar kom woon het. Die geheim van heiligheid is die inwoning van die Heilige God. God se teenwoordigheid maak heilig. Die mens kan net heilig wees in die mate wat hy die Gees van God besit.

Die ingang tot die Allerheiligste was alleen deur bloed, so is daar geen heiligheid vir enige iemand moontlik sonder die bloed van Jesus Christus nie. Sonder wedergeboorte is dit onmoontlik om in die teenwoordigheid van die Heilige God te kom. Om dus na heiligheid te strewe, is om in die Lig en Teenwoordigheid van die Heilige God – wat Homself nie met sonde kan vereenselwig nie – te lewe.

Dit impliseer ‘n konsentrasie van al die menslike begeertes om God alleen daarin te verheerlik (Ps. 27:4).

  • Hier moet ons met geboë hoofde en ongeskoende voete toetree.
  • Hier mag geen stem van ‘n mens gehoor word nie, alleen die stem van God.
  • Hier is geen sitplek vir die mens nie – God alleen sit en dit  op die Troon van Heerlikheid en Geregtigheid.
  • Hier is geen ander lig nie – net die glans van Sy Heerlikheid op die Versoendeksel, wat alles in die omgewing verlig.
  • Hier mag niemand inkom nie – alleen Aäron, die Hoëpriester.
  • Hier gewaar ons ‘n ander atmosfeer dan die van die skepping daar buite. Dit is die verterende Heiligheid van ‘n Heilige God (Jes.6:2-3).

In die Allerheiligste was die Verbondsark en die Versoendeksel. As die Tabernakel stilstaan dan rus die wolkkolom, wat ‘n simbool is van die teenwoordigheid van die Almagtige, op die agterkant van die Tabernakel, soos ‘n sambreel wat sy skaduwee oor die hele kamp gooi. Hierdie Tabernakel was nie bedoel as ‘n plek waar al die mense moes inkom vir dienste nie, maar ‘n plek waar God gewoon het en die volk deur middel van die Priesters tot Hom kon nader.


Kom kuier gerus weer saam vir die volgende paar weke wanneer ons die volgende onderwerpe gaan bespreek:

  • Die Verbondsark
  • Die Versoendeksel of Genadetroon
  • Die Inhoud van die Ark
  • Die Hoëpriester
  • Die Orde in die laer, in die kamp en op trek
  • Die Wolkkolom
  • Die Groot Versoeningsdag

Groete tot dan!

Pastoor Kiewiet van Staden

Lees ook:

Die Tabelnakel van Moses: Deel 1 – Inleiding

Die Tabernakel van Moses: Deel 2 – Die wet en die tabernakel

Die Tabernakel van Moses: Deel 3 – Die Plan

Die Tabernakel van Moses: Deel 4 – Die Poort

Die Tabernakel van Moses: Deel 5 – Die Voorhof

Die Tabernakel van Moses: Deel 6 – Die Brandoffer Altaar (Die Koper Altaar)

Die Tabernakel van Moses: Deel 7 – Die Verskillende Offergawes

Die Tabernakel van Moses: Deel 8 – Die Koperwaskom

Die Tabernakel van Moses: Deel 9 – Die Tabernakel

Die Tabernakel van Moses: Deel 10 – Die Viervoudige Bedekking

Die Tabernakel van Moses: Deel 11 – Die Heiligdom

Die Tabernakel van Moses: Deel 12 – Die Reukofferaltaar (Goue altaar)

Die Tabernakel van Moses: Deel 13 – Die Goue Kandelaar

Die Tabernakel van Moses: Deel 14 – Die Tafel met die Toonbrode

Die Tabernakel van Moses: Deel 15 – Die Voorhangsel

Volg ons asb: