
Ons gaan nou die Heiligdom binne – hier kom ons voor die aangesig van die Here.
En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van die HERE
Ex.40:23
En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van die HERE.
Ex.40:25
En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as ‘n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte.
Ex.30:8
Dit is ‘n nuwe ondervinding in die mens se lewe as hy begin wandel voor die aangesig van die Here.
Hier binne die Heiligdom merk ons alles wat Voor die aangesig van die HERE is :
- Die Vloer is van grond – ons is nog in die wêreld, maar nie van die wêreld nie.
- Die mure is van goud – spreek van ons goddelike omgewing
- Die gordyn agter ons – die harte deur besprenkeling gereinig
- Die Voorhangsel voor ons – laat ons toetree.
- Die Bedekking bokant ons – spreek van Jesus en die hemelse wesens rondom ons.
In die Heiligdom was die Goue Reukofferaltaar, die Goue Kandelaar en die Tafel van goud vir die Toonbrode.
Kom kuier gerus weer saam vir die volgende paar weke wanneer ons die volgende onderwerpe gaan bespreek:
- Die Reukofferaltaar (Goue Altaar)
- Die Goue Kandelaar
- Die Tafel met die Toonbrode
- Die Voorhangsel
- Die Allerheiligste
- Die Verbondsark
- Die Versoendeksel of Genadetroon
- Die Inhoud van die Ark
- Die Hoëpriester
- Die Orde in die laer, in die kamp en op trek
- Die Wolkkolom
- Die Groot Versoeningsdag
Groete tot dan!
Pastoor Kiewiet van Staden
Lees ook:
Die Tabelnakel van Moses: Deel 1 – Inleiding
Die Tabernakel van Moses: Deel 2 – Die wet en die tabernakel
Die Tabernakel van Moses: Deel 3 – Die Plan
Die Tabernakel van Moses: Deel 4 – Die Poort
Die Tabernakel van Moses: Deel 5 – Die Voorhof
Die Tabernakel van Moses: Deel 6 – Die Brandoffer Altaar (Die Koper Altaar)
Die Tabernakel van Moses: Deel 7 – Die Verskillende Offergawes
Die Tabernakel van Moses: Deel 8 – Die Koperwaskom
Die Tabernakel van Moses: Deel 9 – Die Tabernakel
Die Tabernakel van Moses: Deel 10 – Die Viervoudige Bedekking