“Rooi Kombersie” Bediening

Die liefde van Jesus. Vir jou – omdat Hy jou so liefhet.

‘EK IS’. HY is LIEFDE, BLYDSKAP, VREDE . . . Elke mens het net nodig om te weet dat JESUS JOU LIEF HET!!

Die rooikombersies is simbolies van Jesus se bloed wat gestort is vir jou omday Hy jou so lief het.

1 Kor 13 ‘Die liefde is lankmoedig en vriendelik; Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.  Die liefde vergaan nimmermeer; En nou bly geloof, hoop, liefde – Maar die grootste hiervan is die liefde.’

Die boodskap vir elkeen is duidelik.

1.   Jesus Christus nooi jou om op te staan uit ons omstandighede. Hy staan gereed om jou hand te neem en saam met jou die pad te stap.

2.   Vra na Sy wil in alles wat jy doen. Hosea 10:12 ‘ …Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.’

3.   Jy hoef nooit te vrees nie want God is Gees – altyd by jou (al-om-teenwoordig).

Johannes 4:24 ‘God is Gees, en die wat Hom aanbid, moet Hom in die Gees en in waarheid aanbid.’

Omdat God, Gees is, is hy ook die volgende,

Galasiers 5:22 ‘…Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartiheid, getrouheid, nederigheid en selbeheersing’

4.   Die woord verklaar dat as jy nie die liefde het nie, het jy niks nie en is jy ook niks nie.

1Kor. 13:1-4 ‘Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.’

Die woord verklaar verder dat Jesus liefde is en wie Hom in sy lewe het, het ook liefde.

1 Johannes 4:7-8 ‘Geliefdes, ons moet mekaar liefhe, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde’

Tydens die geleentheid word elkeen bedien met salving, gebed en word toegevou met die rooikombersies (die bloed van Jesus en sy liefde). Die profetiese woord oor ‘liefde’ wat op elkeen se kombersie geborduur is, word aan elkeen oorgedra deur die inspirasie van die Heilige Gees.

Al die lof, dank en eer gee ons aan ons Koning, Jesus Christus.

Amen.