Eredienste

Aanbidding is vir almal wat verlang na God – gelowiges en soekers.

Aanbidding gaan oor die eer en lof van ons Here en Verlosser. Dit is ‘n tyd wanneer ons bymekaar kom om die teenwoordigheid van die Heilige Gees te ervaar en ons vreugde en dankbaarheid uit te druk. Die krag van God se woord raak diegene wat seergemaak voel en skep hoop vir die hopeloses. Of u nou tradisionele of kontemporêre aanbidding verkies, ons nooi u uit om die goeie nuus in Jesus Christus te vier!

Ons nooi u graag uit na ons lewensversorgende en verfrissende Sondag oggend dienste om 10:00 om saam met ons te deel in ‘n viering van aanbidding, Christelike gemeenskap, studie en diens. Ons sien altyd uit om lof en aanbidding te bring aan God, gevolg deur kragtige, lewensveranderende leerstellings uit die Bybel. As u deel word van ons opwindende geloofsroetes, sal u aangemoedig, uitgedaag en beloon word met vernuwende spiritualiteit.

Ons het ook ‘n moederskamer vir ouers met babas.