Geskiedenis

Die eerstes van “Die Gemeentes van Christus

Isak en Poppie Myburgh, Eugene en Lallie Truter was die eerste lidmate van Die Gemeentes van Christus te Witbank. Hulle het in 1969 begin met huisdienste by die Myburgh’s waarby Hoofkantoor by geleentheid predikers Witbank toe gestuur het om hulle te bedien. Predikers wat hier kom bedien het was onder andere Pastore Wagenaar, Botha en Wilsenagh.

Dit sou eers in 1972 wees dat ‘n prediker beroep is om Witbank te bedien.

Vanaf 1969 tot 1979 word daar huisdienste gehou ( 10 Jaar ).

 

 

Pastoor Louis Ehlers en Martie (1972 – 1973 )

Nadat daar seder 1969 met huisdienste by die Myburgh’s aan huis begin was en waar Pastoor Wagenaar by geleentheid die nagmaal bedien het, word pastoor Ehlers as die eerste herder in 1972 na Witbank beroep.

 

 

Pastoor Frikkie Brits en Bets ( 1974 – 1976 )

In 1974 neem Pastoor Frikkie Brits die gemeente by Pastoor Ehlers oor, ook in ‘n deeltydse hoedanigheid terwyl hy as skrynwerker by Witbank Brickworks werksaam was.

 

 

 

 

Pastoor Horn ( 1976 – 1978 )

Pastoor Horn was deeltyds in die bediening in Witbank terwyl hy in Middelburg woonagtig was. Hy was verantwoordelik vir die aankoop van die kerkgronde te DeWaal rylaan 50, ModelPark, Witbank. Pastoor Horn begin dan ook met die bou van die kerk en bou tot op vensterbank hoogte voordat hy Pietersburg toe beroep word.

 

 

 

 

Pastoor Johnny Botha en Annamarie ( 1979 – 1990 )

Pastoor Botha was in 1970 vir ‘n kort tyd herder in Witbank, waarna hy na Parow in die Kaap beroep was. In 1979 word Pastoor Botha weer as herder na Witbank beroep.

Hy voltooi die kerk wat Pastoor Horn tot op vensterbank hoogte gebou het en in Mei 1979 word die kerk ingewy deur Pastoor Botha. Hy word later na Pretoria Sentraal gemeente beroep.

 

Pastoor Johan Laurens en Julie ( 1990 – 1993 )

Pastoor Laurens bekwaam hom as prediker onder die bediening van Pastoor Botha. In 1990 word hy as herder van Witbank gemeente beroep.

In Februarie 1993 word Past Laurens weens werksverpligtinge genoodsaak om hom aan die Rand te vestig en word as hulp-prediker beroep te Edenvale.

 

Pastoor Tiaan Steynberg ( 1993 – 1995 )

Vir die tydperk vanaf Februarie tot Oktober 1993 was daar geen prediker wat die gemeente bedien het nie. Alhoewel daar nie dienste was nie, was daar elke Sondag sondagskool onder leiding van Isak en Poppie Myburgh gehou.

In Oktober 1993 plaas hoofkantoor Pastoor Steynberg as herder in Witbank..

Pastoor Steynberg was verantwoordelik vir die oprig van die Kinderwoordskool kompleks. Einde 1995 word hy as hulp-prediker na Port Elizabeth beroep.

 

Pastoor Kiewiet van Staden en Lorraine ( 1995 – Huidig)

Gedurende Desember 1995 word Pastoor van Staden na sy eerste jaar as student, op versoek van Witbank gemeente, deur Hoofkantoor as tydelike herder in Witbank geplaas. Eers na voltooiing van sy studies word hy as herder beroep waar hy nog steeds in die gemeente dien. Hy was verantwoordelik vir die volgende:

Die verband op die kinderwoordskool word binne 18 maande afbetaal:, die opgradering van die kerk asook die kerkterrein.