Sondagskool Kurrikulum

DIE GEMEENTES VAN CHRISTUS KINDERWOORDSKOOL

NUWE KWS-KURRIKULUM

Die Visie en Missie van die Die Gemeentes van Christus se KINDERWOORDSKOOL is:

Visie:

“Sodat niemand verlore mag gaan nie.” Joh 3:16.

Die visie is ‘n droom wat op die toekoms gebaseer is. Die Visie is ‘n manier om dinge wat ons droom, te sien asof dit ‘n werklikheid is. Ons sien met ons geestesoog wat ons gaan bereik in die afsienbare toekoms.  “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” Heb 11:1

 

Missie:

“Gaan dan heen en maak dissipels” Matt 28:19.

Die missie is ‘n opdrag wat gekoppel word aan die visie, gaan dan heen en maak dissipels. Dit spel uit wat gedoen moet word om sekere doelwitte te bereik.

Die Visie en Missie van die Kinderkerk is so vereenvoudig dat dit tot op Kleutervlak verstaan en uitgeleef kan word.

In 2008 het die Moderatuur, onder leiding van Pastoor Henry Nel, versoek dat daar opnuut gekyk word na die Kinderwoorskoolkurrikulum van Die Gemeentes van Christus. Weens die feit dat daar nie ‘n eenvormige standaard in die Nasionale kerk was nie, was die doel om die Kinderwoordskool van die Nasionale kerk te standaardiseer.

Op 19 Julie 2008 is ’n vergadering belê vir alle Sondagskoolpersoneel van die nasionale kerk van Die Gemeentes van Christus. Die afvaardiging was landswyd verteenwoordig, altesame 34 mense het hierdie vergadering bygewoon.

Die vergadering het gegaan oor wat ’n Kurrikulum en Lesplan is, asook die tyd verbonde om ’n kurrikulum saam te stel en daarna te begin met die saamstel van die opleidingsmateriaal. Na hierdie vergadering sou daar ’n groep van ses persone elke maand vergader. Hierdie groep sou hoofsaaklik uit Sondagskoolpersoneel bestaan.

Vir ongeveer twee jaar het ons aan die opstel van die kurrikulum gewerk. In 2010 is daar begin met die ontwikkeling van die opleidingsmateriaal van die Kleuters, asook Graad een tot Graad ses.

In 2010 word die Kleuters Module 1 en 2 aan die Nasionale Leierskapsforum as konsep voorgelê en is die vergadering eens dat daar voortgegaan moet word met die kurrikulum asook die skryf van die opleidingsmateriaal. Die groep het bestaan uit Pastoor Kiewiet van Staden, die projek-koördineerder, Annatjie Fourie, Lorraine van Staden, Annelise van der Net, Zelna Wilken en Elsie Zastron.

DIE KWS KURRIKULUM KOMMITTEE

Met die goedkeuring van die voorlopige Kleuter Module 1 en 2, was ons genoodsaak om addisionele mense te kry om die opleidingsmateriaal te professionaliseer. Adelle van Zyl het ingewillig om die grafiese ontwerp en uitleg van die Modules vir ons te doen, terwyl oom Lex en tannie Ansie Heyns ingestem het om die redigering van die opleidingsmateriaal te behartig.

DIE VORDERING VAN DIE KWS KURRIKULUM

1.   KWS Kurrikulum vir die Laerskool (Afrikaans)

Die Afrikaans KWS Kurrikulum vir die Laerskool is voltooi :

Kleuters Module 1 & 2, Graad 1 tot Graad 7.

2.   KWS Kurrikulum vir die Laerskool (Engels)

Die vertaling van die Laerskool Kurrikulum in Engels (Kleuters tot Graad 7) is voltooi.

Die Grafiese ontwerp vir die volgende Engelse modules is ook reeds gedoen.

  • Kleuters Module 1
  • Graad 1
  • Graad 2

3.   KWS Kurrikulum vir die Hoërskool (Afrikaans)

Graad 8: “Waar word die mens aangeval: Gees, Siel & Liggaam” is voltooi..

Graad 9: “Die bloedlyn van Christus” is afgehandel en die boekies is by Karen beskikbaar.

Graad 10 “My Reis deur die Bybel” (OT) is nog in proses en behoort teen die einde van 2018 beskikbaar te wees.

Graad 11 “My Reis deur die Bybel” is nog in proses en behoort teen die begin van 2019 beskikbaar te wees.

4.   KWS Kurrikulum vir die Hoërskool (Engels)

Die vertaling van die Hoërskool kurrikulum is in proses.

Die beplanning is om hierdie reeks elke vyf jaar op te dateer, indien nodig. Enige veranderings wat aangebring wil word, moet asseblief skriftelik aan Pastoor Kiewiet van Staden, e-pos adres: admin@elkanawitbank.co.za deurgegee word.

OPLEIDING

Opleidingsessies word op aanvraag gedoen. Die fokus is meer op die praktiese gedeelte van die kurrikulum.

Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om elke persoon wat betrokke is en was met die daarstel van die kurrikulum hartlik te bedank vir hulle toewyding. Daar lê nog baie werk voor, maar ons weet dat dit slegs deur God se genade is wat ons hierdie groot taak sal kan voltooi.

Die verkoop van die Kinderwoordskoolboekies word deur Karen by Hoofkantoor behartig:

Tel No.012- 525 1329; e-pos gvchk@lantic.net

2018-KWS-Bestelvorm.pdf

Al die eer aan ons Koning Jesus.

Pastoor Kiewiet van Staden