Tweens

ELKANA TWEENS (Junior Jeug)

Maatjies, het julle gehoor? Die Tweens Junior Jeug kom elke Vrydagaand om 18:15 by ELKANA Gemeenskapskerk bymekaar vir heerlike, opwindende aktiwiteite! Diè Vrydagaande is ‘n reuse sukses. Ons sing heerlik saam, kuier en word bederf met heerlike eetgoed. Die Woord word ook elke keer aan ons bedien.

Moet dit nie misloop nie – dit is groot pret en heerlik om saam met so ‘n groep wonderlike mense die Here se Naam groot te maak !!!

 

 

Nou wat behels dit alles ? ? ?

Ons begin elke Vrydagaand, 18:15 met die volgende:

  • ‘n Lekker Ysbreker (‘n speletjie waaraan al die maatjies gaan deelneem)
  • Dan sing ons vrolike, opgeruimde liedjies saam met DVD’s met baie bewegings, SPRING en “DISCO LIGTE” wat flikker!!!
  • Dan leer ons hoe goed Jesus vir ons is en hoe om in SY voetspore te volg.
  • Weer ‘n lekker saamsing-liedjie (JUMPSTART)
  • Dan hou ons KOKKEDOORTJIE en eet heerlik saam.

Wat dink julle daarvan??? Gaan julle ons help om die TWEENS hier te kry?

Tannie Heidi het sommer 1000 pamflette laat druk waar ons al die TWEENS van Witbank uitnooi.

Moet dit nie misloop nie – dit is groot pret!!!

Ons wil baie dankie sê aan almal wat deel is van hierdie groot inisiatief – om ons Jongmense weer op Vrydagaande te bedien. Mag julle ryklik geseën word.

“En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang my.” Matt 18:5

“Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.” Matt 19:14

Klik hier om te sien watter temas behandel word!

 

Navrae kan gerig word aan:

Heidi (064 752 9587 WhatsApp).

Onthou: “Dieselfde tyd, dieselfde plek en bring ‘n maatjie.”