🕯️ Twee Sleutels tot Getrouheid | Ps Adri Uys
“Nie deur krag of deur mag nie, maar deur my Gees, sê die HERE.” – Sagaria 4:6
Gister het Ps Adri uit Sagaria 4:1-10 gewys: God vra nie vir jou groot krag nie, Hy vra vir jou getrouheid.
Die kandelaar het gebrand omdat die olyfbome self die olie voorsien het. So bly ons ook brand – wanneer ons verbind bly aan die Bron.
2 Sleutels:
1️⃣ Bly verbind aan die Heilige Gees
2️⃣ Wees getrou in die klein dinge – moenie die dag van klein begin verag nie (Sag 4:10)
Het jy dit gemis? Kyk die volle boodskap hier.
Wat het die Here vir jou hieruit gesê? Laat weet ons in die comments.