Watter Hart vind Hy in jou? | Ps Dries Fourie | Joh 12:1-8

Watter hart vind Jesus as Hy by jou kom kuier? ❤️

Gister het Ps Dries Fourie uit Johannes 12:1-8 met ons gepraat oor die 3 harte by Jesus se tafel in Betanië.

Marta se hart van diens.
Lasarus se hart van getuienis.
Maria se hart van aanbidding.

Maar die vraag bly vir ons vandag:
Watter hart vind Hy in JOU?

God soek nie net ons hande om te werk nie. Hy soek ons hart. ‘n Hart wat gee, wat liefhet, en wat Hom bo alles stel – soos Maria met haar duurste salf.

Kyk die volle boodskap hier 👇🏻 en laat weet in die kommentaar: Watter een van die 3 harte praat die meeste met jou vandag?

Skrif: Johannes 12:1-8
Spreker: Ps Dries Fourie
26 Julie 2026

Volg ons asb:

Leave a Reply