Die Tabernakel van Moses: Deel 5 – Die Voorhof

Nadat die materiaal vir die Tabernakel byeengebring is, is met die bouwerk begin. Die voorhof was die eerste konstruksie. Die omheining van die Voorhof het uit sestig pilare bestaan waarvan vier pilare die Poort uitgemaak het. Hierdie muur was 2 meter hoog. Met heilige jaloesie vir sy Naam het God ‘n heining van waarheid en heiligheid rondom sy heilige voorwerpe gespan. Onteenseglik is daar ‘n skeidsmuur tussen ‘n heilige God en ‘n sondige mens.

Die Voorhof is die plek waar die sondaar versoening ontvang. Daar word sy sonde onder die Bloed van Christus bedek. In die Voorhof was die Brandofferaltaar (Koper Altaar) waar die offerandes gebrand word en tussen die Koper Altaar en die Tabernakel is die Waskom wat van koper spieëls gemaak is. Elkeen van hierdie voorwerpe het ‘n geestlike betekenis wat na Jesus verwys.


Kom kuier gerus weer saam vir die volgende paar weke wanneer ons die volgende onderwerpe gaan bespreek:

  • Die Brandofferaltaar (Die Koper Altaar)
  • Die Verskillende Offergawes.
  • Die Koperwaskom
  • Die Tabernakel
  • Die Viervoudige Bedekking
  • Die Heiligdom
    •             Die Reukofferaltaar (Goue Altaar)
    •             Die Goue Kandelaar
    •             Die Tafel met die Toonbrode
  • Die Voorhangsel
  • Die Allerheiligste
    •             Die Verbondsark
    •             Die Versoendeksel of Genadetroon
    •             Die Inhoud van die Ark
  • Die Hoëpriester
  • Die Orde in die laer, in die kamp en op trek
  • Die Wolkkolom
  • Die Groot Versoeningsdag

Groete tot dan!

Pastoor Kiewiet van Staden

Lees ook:

Die Tabelnakel van Moses: Deel 1 – Inleiding

Die Tabernakel van Moses: Deel 2 – Die wet en die tabernakel

Die Tabernakel van Moses: Deel 3 – Die Plan

Die Tabernakel van Moses: Deel 4 – Die Poort


Volg ons asb: