
Die Verbondsark was die eerste item wat God aan Moses beveel het om te maak. Dit wat die naaste aan God is, kom eerste. Dit het net binnekant die Voorhangsel gestaan. Hierdie is die wonderlikste van al die voorwerpe in die Tabernakel. Dit was die troon van God waar Hy in die midde van Sy volk was (Ps. 99:1).
In Ex. 25:10-22 vind ons die beskrywing van die Verbondsark – Versoendeksel en die Gèrubs. Dit was die enigste voorwerp wat uit twee dele bestaan het:
- Die Ark
- Die Versoendeksel
Dit was van akasiahout gemaak en stel sy menslikheid voor. Dit was die enigste meubelment wat spesiaal genoem word en is van binne en buite met goud oorgetrek. Dit was bedek met ‘n goue krans of kroon waarop die gèrubs gegraveer was. Ons lees van die ark van die verbond in Num. 10:33. Dit het die tafels van die wet bevat. Die ark stel die Here Jesus in die vlees voor. In Ex. 25:22 lees ons dat dit ook die ark van Getuienis genoem word, wat ‘n beeld van God se deklarasie was dat Hy die offer van Jesus aangeneem het.
Dit was ook die ark van God omdat dit die sigbare troon van God was (1 Sam.3:3). Dit word ook die ark van Gods sterkte genoem.
Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van U sterkte!.
Ps.132:8
Dit vertel vir ons van die wonders wat deur die ark se teenwoordigheid gedoen is. Die Saligheidsplan begin by God. Die leer wat Jakob in sy droom gesien het, het uit die hemel gekom. Die Verbondsark se draaghoute mag nie uitgetrek geword het nie.
Die Verbondsark van die HERE het voor hulle uitgetrek om vir hulle ‘n rusplek uit te soek…
Num.10:33
Terwyl die volk van Israel aan die trek was, het die Ark altyd tussen en voor hulle uitgegaan en was die draaghoute nooit uitgetrek nie. Nadat die volk in die Beloofde Land gekom het en die Tempel van Salomo gebou is, is die draaghoute verwyder. Die volk het toe in hulle rus ingegaan.
Kom kuier gerus weer saam vir die volgende paar weke wanneer ons die volgende onderwerpe gaan bespreek:
- Die Versoendeksel of Genadetroon
- Die Inhoud van die Ark
- Die Hoëpriester
- Die Orde in die laer, in die kamp en op trek
- Die Wolkkolom
- Die Groot Versoeningsdag
Groete tot dan!
Pastoor Kiewiet van Staden
Lees ook:
Die Tabelnakel van Moses: Deel 1 – Inleiding
Die Tabernakel van Moses: Deel 2 – Die wet en die tabernakel
Die Tabernakel van Moses: Deel 3 – Die Plan
Die Tabernakel van Moses: Deel 4 – Die Poort
Die Tabernakel van Moses: Deel 5 – Die Voorhof
Die Tabernakel van Moses: Deel 6 – Die Brandoffer Altaar (Die Koper Altaar)
Die Tabernakel van Moses: Deel 7 – Die Verskillende Offergawes
Die Tabernakel van Moses: Deel 8 – Die Koperwaskom
Die Tabernakel van Moses: Deel 9 – Die Tabernakel
Die Tabernakel van Moses: Deel 10 – Die Viervoudige Bedekking
Die Tabernakel van Moses: Deel 11 – Die Heiligdom
Die Tabernakel van Moses: Deel 12 – Die Reukofferaltaar (Goue altaar)
Die Tabernakel van Moses: Deel 13 – Die Goue Kandelaar
Die Tabernakel van Moses: Deel 14 – Die Tafel met die Toonbrode
Die Tabernakel van Moses: Deel 15 – Die Voorhangsel
Die Tabernakel van Moses: Deel 16 – Die Allerheiligste