Die Tabernakel van Moses: Deel 18 – Die Versoendeksel of Genadetroon

Die Versoendeksel was ‘n soliede blad van suiwer goud. Dit het die hele Ark bedek. Hoe vreeslik sou dit wees om ‘n Ark te hê sonder ‘n Genadetroon. Die enigste sitplek was deur God self ingeneem. Die ope vereistes van die Wet op die kliptafels in die Ark is ‘n stille getuie teen ons – as ons nie die Versoendeksel het wat dit alles oordek nie. Christus is ‘n volkome versoening vir ons sondes. Soos die Versoendeksel die hele Ark oordek het, so het Jesus al die vereistes van die Wet vervul.

Die Genade Troon

By daardie Troon is daar genade. Genade – daar waar die gebreekte weg bedek word. By hierdie Genade Troon is daar hulp vir elkeen wie dit soek langs die weg van die gestorte bloed van Christus (Heb. 4:14-16). Die doel van die Genade Troon is die plek waar God en mens mekaar ontmoet (Ex. 25:22). God is op Sy Troon en wag om die mens te ontvang. Daarom moet elke mens seker maak dat hy God vandag ontmoet solank Hy op die Troon van Genade sit, anders gaan die mens Hom eendag op die Troon van Oordeel ontmoet.

Die Gèrubs wat bo-oor die Versoendeksel troon

Lees Ex. 25:17-22. Die gèrubs het ‘n essensiële deel van die Versoendeksel gevorm. Op beide ente van die Versoendeksel was ‘n gèrub met uitgestrekte vleuels, hulle gesigte op die Versoendeksel gerig. Die gèrubs kon nie van die Versoendeksel verwyder word nie. Om die twee te skei sou wees om die Versoendeksel te vernietig. Engele is begerig om die dinge in te sien wat aan ons verkondig word (1 Pet.1:12). Die Gèrubs verteenwoordig oppermagtigheid oor alle natuurlike magte. Dit simboliseer almag wat die Genadetroon oorskadu. So besit die Here Jesus almag; want alle mag in die Hemel en op die aarde behoort aan Hom (Matt. 28:18). Wie dus na die Troon van Genade gaan, vind krag en genade wat triomfeer oor alle natuurlike magte en outoriteit.


Kom kuier gerus weer saam vir die volgende paar weke wanneer ons die volgende onderwerpe gaan bespreek:

  • Die Inhoud van die Ark
  • Die Hoëpriester
  • Die Orde in die laer, in die kamp en op trek
  • Die Wolkkolom
  • Die Groot Versoeningsdag

Groete tot dan!

Pastoor Kiewiet van Staden

Lees ook:

Die Tabelnakel van Moses: Deel 1 – Inleiding

Die Tabernakel van Moses: Deel 2 – Die wet en die tabernakel

Die Tabernakel van Moses: Deel 3 – Die Plan

Die Tabernakel van Moses: Deel 4 – Die Poort

Die Tabernakel van Moses: Deel 5 – Die Voorhof

Die Tabernakel van Moses: Deel 6 – Die Brandoffer Altaar (Die Koper Altaar)

Die Tabernakel van Moses: Deel 7 – Die Verskillende Offergawes

Die Tabernakel van Moses: Deel 8 – Die Koperwaskom

Die Tabernakel van Moses: Deel 9 – Die Tabernakel

Die Tabernakel van Moses: Deel 10 – Die Viervoudige Bedekking

Die Tabernakel van Moses: Deel 11 – Die Heiligdom

Die Tabernakel van Moses: Deel 12 – Die Reukofferaltaar (Goue altaar)

Die Tabernakel van Moses: Deel 13 – Die Goue Kandelaar

Die Tabernakel van Moses: Deel 14 – Die Tafel met die Toonbrode

Die Tabernakel van Moses: Deel 15 – Die Voorhangsel

Die Tabernakel van Moses: Deel 16 – Die Allerheiligste

Die Tabernakel van Moses: Deel 17 – Die Verbondsark

Volg ons asb: