Die Tabernakel van Moses: Deel 19 – Die Inhoud van die Ark

Die Inhoud van die Wet

Die Inhoud van die wet het Moses op die berg ontvang toe hy die tweede maal opgegaan het (Heb. 9:4). Die Wet van God was in die Ark. Dit was aan die kant van die Ark gehou (Deut. 31:24-26). Dit herinner aan God se onveranderlikheid. Dit skyn of sy bestaan heeltemal vergete was, totdat die Priester Hilkia dit weer daar gekry het, 800 jaar later (2 Kron.34:14-22).

Dit stel die heilige en regverdig vereistes voor van ‘n regverdige en heilige God. Die Wet is die Kennis van Sonde en nie die vergifnis daarvan nie. Die Here het Moses beveel om die Wet toe te maak onder die Versoendeksel. Jesus Christus het die Wet van God in Sy hart gehad (Ps 40:6-8). Christus het die Weg gebaan, sodat Hy Sy bekwaamheid om die Wil van God te doen, kon demonstreer. Jesus het herhaaldelik gesê dat Hy gekom het om die wil van Sy Vader te doen (Joh.5:30; Joh. 8:29; Joh.4:34).

Die Goue Kruik met Manna

Lees Heb.9:4.  Manna was die simbool van God se voorsiening. Die Brood van die hemel waarmee die Here Sy kinders gevoed het in die woestyn vir 40 jaar van omswerwinge (Ex. 16:32-36). Dit was vir die volk ‘n voortdurende herinnering van God se getroue voorsiening. Ander manna het bederf as dit langer as ‘n dag gehou was, maar die manna in die goue kruik het altyd vars gebly. Die goue kruik met manna bewys dat Jesus beide God en mens was, God wie in Homself die Brood van die lewe gehad het.

Jesus is die Brood wat uit die hemel neergedaal het. As God nie vlees aangeneem het en na die wêreld gekom het as die Brood van die lewe nie, sou die hele mensdom in hulle sonde gesterf het.

Die Staf van Aäron wat gebot het

Die staf van Aäron het bewys dat die priesterskap van Israel, aan die stam van Levi behoort het (Num.17:1-10). So het Christus vir Homself die versekering ontvang dat Hy ‘n Priesterskap ontvang het wat nooit op ‘n ander oorgaan nie. Die priesterlike werk wat Hy gedoen het, het volkome gemaak, almal wat daardeur geheilig word (Heb.10:10-14). Die staf bewys nie net Jesus se Priesterskap nie, maar ook Sy opstanding (Num.17:8). Een wat dood was, maar lewe en vrugte dra. In die Ark was die staf wat gebloei het. In Christus is lewe uit die dood. Die staf het gebot, bloeisels gegee en vrug gedra terwyl dit in die teenwoordigheid van God gestaan het.

Ons behoort ook die vrug van die Gees te dra, naamlik liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing (Gal.5:22).

En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrug gee op sy tyd en waarvan die blare nie verdroog nie.

Ps.1:3

Die Goue Wierook-bak

Die Goue Wierook-bak sowel as die Ark van die Verbond was in die Allerheiligste (Heb.9:4).

DIE ARK WAS DIE ENIGSTE VAN DIE VOORWERPE IN DIE TABERNAKEL WAT LATER IN DIE TEMPEL VAN SALOMO OORGEGAAN HET. Die tweede en derde Tempels het geen ark gehad nie. Tradisie beweer dat Jeremia, wie in Jerusalem was met die beleëring van die stad deur die Galdeers, die ark weggesteek het. Daar is sederdien geen bewys daarvan gevind nie.


Kom kuier gerus weer saam vir die volgende paar weke wanneer ons die volgende onderwerpe gaan bespreek:

  • Die Hoëpriester
  • Die Orde in die laer, in die kamp en op trek
  • Die Wolkkolom
  • Die Groot Versoeningsdag

Groete tot dan!

Pastoor Kiewiet van Staden

Lees ook:

Die Tabelnakel van Moses: Deel 1 – Inleiding

Die Tabernakel van Moses: Deel 2 – Die wet en die tabernakel

Die Tabernakel van Moses: Deel 3 – Die Plan

Die Tabernakel van Moses: Deel 4 – Die Poort

Die Tabernakel van Moses: Deel 5 – Die Voorhof

Die Tabernakel van Moses: Deel 6 – Die Brandoffer Altaar (Die Koper Altaar)

Die Tabernakel van Moses: Deel 7 – Die Verskillende Offergawes

Die Tabernakel van Moses: Deel 8 – Die Koperwaskom

Die Tabernakel van Moses: Deel 9 – Die Tabernakel

Die Tabernakel van Moses: Deel 10 – Die Viervoudige Bedekking

Die Tabernakel van Moses: Deel 11 – Die Heiligdom

Die Tabernakel van Moses: Deel 12 – Die Reukofferaltaar (Goue altaar)

Die Tabernakel van Moses: Deel 13 – Die Goue Kandelaar

Die Tabernakel van Moses: Deel 14 – Die Tafel met die Toonbrode

Die Tabernakel van Moses: Deel 15 – Die Voorhangsel

Die Tabernakel van Moses: Deel 16 – Die Allerheiligste

Die Tabernakel van Moses: Deel 17 – Die Verbondsark

Die Tabernakel van Moses: Deel 18 – Die Versoendeksel of Genadetroon

Volg ons asb: