
Die tafel was van Akasiahout gemaak en met goud oorgetrek. Die brood op die tafel en die tafel word as een gereken. Die brood tipeer gemeenskap. Die Brood was God s’n, maar die priesters in diens van God het dit geëet. Die priesterorde en God het dus aan die tafel ontmoet. In die Ou Testament kon net die Priesters van die brode eet, maar in die Nuwe Testament is dit bedoel vir al die Verlostes wie nou God se Priesters is.
a) Die twaalf Brode
Die brode was twaalf in getal. Dit verteenwoordig die twaalf stamme van Israel. Daar mag groot verskille buitekant die kamp gewees het, maar binne in die heiligdom op die tafel, was hulle almal een voor die aangesig van die Here. Die brode was in twee stapels verdeel – genoeg vir Jode sowel as Heidene.
Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
Gal.3:28
b) Die bestanddele van die Brode
Die brood is van fyn meel gemaak en gebak. Meel is ‘n produk van die aarde en ‘n noodsaaklikheid vir die mens. Meel wat nie deur die gaarmakings proses gegaan het nie, is rou en onsmaaklik. So moes Jesus Christus, die vuuroond van die kruisiging deurgaan en vir ons die vloek word, alvorens Hy die Brood van die Lewe kon wees. Die vuuroonde van beproewinge maak ons smaakliker en meer bruikbaar voor die aangesig van die Een met wie ons in die “Brood” gemeenskap het. Ons lewens sal van min belang wees indien dit nie die toetsvure van God deurgegaan het nie.
c) Die goue krans
Die goue krans was rondom die brode en het dit in hulle plek gehou en gekeer dat dit nie afval nie. Dit is net wanneer die Here Jesus in ons lewens gekroon is, dat ons bewaar kan bly. Kroon Hom en jou gemeenskap met Hom sal soveel soeter wees.
Kom kuier gerus weer saam vir die volgende paar weke wanneer ons die volgende onderwerpe gaan bespreek:
- Die Voorhangsel
- Die Allerheiligste
- Die Verbondsark
- Die Versoendeksel of Genadetroon
- Die Inhoud van die Ark
- Die Hoëpriester
- Die Orde in die laer, in die kamp en op trek
- Die Wolkkolom
- Die Groot Versoeningsdag
Groete tot dan!
Pastoor Kiewiet van Staden
Lees ook:
Die Tabelnakel van Moses: Deel 1 – Inleiding
Die Tabernakel van Moses: Deel 2 – Die wet en die tabernakel
Die Tabernakel van Moses: Deel 3 – Die Plan
Die Tabernakel van Moses: Deel 4 – Die Poort
Die Tabernakel van Moses: Deel 5 – Die Voorhof
Die Tabernakel van Moses: Deel 6 – Die Brandoffer Altaar (Die Koper Altaar)
Die Tabernakel van Moses: Deel 7 – Die Verskillende Offergawes
Die Tabernakel van Moses: Deel 8 – Die Koperwaskom
Die Tabernakel van Moses: Deel 9 – Die Tabernakel
Die Tabernakel van Moses: Deel 10 – Die Viervoudige Bedekking
Die Tabernakel van Moses: Deel 11 – Die Heiligdom
Die Tabernakel van Moses: Deel 12 – Die Reukofferaltaar (Goue altaar)
Die Tabernakel van Moses: Deel 13 – Die Goue Kandelaar