
Die wolkkolom tipeer hoofsaaklik die vleeswording van God. God was in die Wolkkolom. God was in Christus. Vir diegene wie die wolk van buite gesien het, was dit net ‘n rook of wolkkolom, maar diegene wie deur die bloed van die paaslam uit slawerny verlos is, het geweet dat dit die sigbare teenwoordigheid van die onsienlike God was.
Vir diegene wie nog nie in die Heiligdom was nie, is Christus maar net die Seun van God, die Middellaar, die Lam, maar vir die wat in Een God glo, is Christus die sigbare Openbaring van die onsienlike God.
Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn – dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus
2 Kor.4:6
En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe
1 Joh.5:20
En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid
1 Tim.3:16
Kom kuier gerus weer saam volgende week wanneer ons die laaste onderwerp in die reeks oor die tabernakel gaan bespreek:
- Die Groot Versoeningsdag
Groete tot dan!
Pastoor Kiewiet van Staden
Lees ook:
Die Tabelnakel van Moses: Deel 1 – Inleiding
Die Tabernakel van Moses: Deel 2 – Die wet en die tabernakel
Die Tabernakel van Moses: Deel 3 – Die Plan
Die Tabernakel van Moses: Deel 4 – Die Poort
Die Tabernakel van Moses: Deel 5 – Die Voorhof
Die Tabernakel van Moses: Deel 6 – Die Brandoffer Altaar (Die Koper Altaar)
Die Tabernakel van Moses: Deel 7 – Die Verskillende Offergawes
Die Tabernakel van Moses: Deel 8 – Die Koperwaskom
Die Tabernakel van Moses: Deel 9 – Die Tabernakel
Die Tabernakel van Moses: Deel 10 – Die Viervoudige Bedekking
Die Tabernakel van Moses: Deel 11 – Die Heiligdom
Die Tabernakel van Moses: Deel 12 – Die Reukofferaltaar (Goue altaar)
Die Tabernakel van Moses: Deel 13 – Die Goue Kandelaar
Die Tabernakel van Moses: Deel 14 – Die Tafel met die Toonbrode
Die Tabernakel van Moses: Deel 15 – Die Voorhangsel
Die Tabernakel van Moses: Deel 16 – Die Allerheiligste
Die Tabernakel van Moses: Deel 17 – Die Verbondsark
Die Tabernakel van Moses: Deel 18 – Die Versoendeksel of Genadetroon
Die Tabernakel van Moses: Deel 19 – Die Inhoud van die Ark
Die Tabernakel van Moses: Deel 20 – Die Hoëpriester
Die Tabernakel van Moses: Deel 21 – Die Orde van die Laer – in die kamp en op trek