Die Tabernakel van Moses: Deel 21 – Die Orde van die Laer – in die kamp en op trek

Wie kon dink dat ‘n aantal slawe wat uit Egipteland as ‘n wanordelike ongedisiplineerde volk, in so ‘n kort tydjie, sulke orde in hulle kamp sowel as op trek kon openbaar. Toe die volk uit Egipte weggetrek het, was hulle ongeveer 600 000 man, buiten die vroue en kinders. Daar moes hulle deur swepe gedrywe word, maar in God se skool het hulle geleer dat die Orde die eerste Wet van die hemel is.

Die Orde in die Kamp

In die Oostekant by die deur van die Tabernakel was die tente van Moses en Aäron. Aan die ander kant, naaste aan die Tabernakel, was die tente van die Leviete (Num.1:53).

Die Gersoniete was in die Westekant (Num3:25-26). Hulle werk was om die Tabernakel se bedekkings en voorhangsels met die lyne te versorg en te vervoer. Om hulle te help met die vervoer van hierdie vrag deur die woestyn, was daar aan hulle twee waens en vier beeste toegeken. Die Gersoniete was die geslag van Gerson en van die drie seuns van Levi. Die name van die ander twee seuns was Merari en Kohat. Aan elkeen van hierdie drie seuns en hulle geslagte was ‘n spesiale verantwoordelikheid in verband met die Tabernakel toevertrou.

Die Kohatiete en hulle families was aan die Suidekant (Num.3:29). Hulle werk was die versorging en vervoer van die Ark, die Tafel, die Reukofferaltaar (goue) en die Brandofferaltaar (koper), die Kandelaar en al die panne en voorwerpe wat  in die Heiligdom gebruik was, sowel as die Voorhangsel. (Num. 3:31). Aan hulle was geen waens toegeken nie, want die voorwerpe van die Heiligdom moet op hulle skouers gedra word (Num.7:9).

Die Merariete en hulle families se tente was aan die Noordekant. Aan hulle was toevertrou die versorging van die style, die dwarshoute, sy voetstukke en al die gereedskap wat daarby hoort (Num.3:36-37). Aan die Merariete was 4 waens en 8 beeste toegeken om te help met die vervoer daarvan (Num.7:8).

Die Leviete was nie saam met die ander stamme gereken nie. Hulle was aan die Here toegewy as ‘n beweegoffer, vir Sy diens (Num.8:11). Hulle diensjare was die 20 beste jare van hulle lewe: van 30 tot 50 jaarige ouderdom (Num.4:3; 23; 30).

Die res van die volk van Israel het op ‘n afstand van die Tabernakel kamp opgeslaan (Num.2:2).

  • Aan die Oostekant :        Juda, Isaskar en Sebulon
  • Aan die Suidekant :        Ruben, Simeon en Gad
  • Aan die Westekant :       Efraim, Manasse en Benjamin
  • Aan die Noordekant :     Dan, Aser en Naftali

Elke groep van drie stamme het hulle eie vaandel gehad.

Die verskuiwing van die Kamp

Wanneer die laer verskuif moes word, het dit op die geklank van twee trompette geskied. Niemand mag beweeg het voordat Aäron en sy seuns die Heilige Voorwerpe bedek het nie.

Niemand mag ingekom het om die voorwerpe te sien nie, anders moes hulle sterwe (Num.4:5-20). 

Nadat al die Heilige Voorwerpe toegemaak is, het die laer in die volgende orde beweeg (Num.10:14-16):

  • Juda, Isaskar en sebulon. Dan het die Gersoniete met die twee waens gevolg, daarna die Merariete met die vier waens.
  • Tweedens trek die stamme van Ruben, Simeon en Gad. Agter hulle kom die Kohatiete en dra die Heilige Voorwerpe op hulle skouers. Wanneer hulle by die volgende staanplek kom, is die Tabernakel weer opgeslaan en gereed gemaak om die Heilige Voorwerpe weer op hulle plek te sit.
  • Derdens volg Efraim, Manassa en Benjamin en na hulle
  • Die stamme van Dan, Aser en Naftali.

Hoe wonderlik is God se Orde as ons hom getrou wil volg!

Die Plek van die Ark

Die Ark was altyd in die Middel van die laer op die skouers van die Liviete, behalwe in die volgende gevalle :

  • Toe Moses sy swaer, Hobab, gevra het om as gids op te tree. Die Here was hieroor ontevrede en het dadelik beveel dat die Ark vooruit gaan, as ‘n bewys dat Hy Self lei en hulle Gids is. (Num.10:31-33).
  • Toe Israel deur die Jordaan getrek het (Jos.3:3-4)
  • By die berge Gerisim em Ebal. Die Ark was tussen die twee berge en 6 stamme op elke berg (Deut.11:26-32)

By Jerigo. Hier was dit wel in die middel, maar op die skouers van die Priesters (Kohatiete) en nie op die skouers van die Liviete nie.


Kom kuier gerus weer saam vir die volgende paar weke wanneer ons die volgende onderwerpe gaan bespreek:

  • Die Wolkkolom
  • Die Groot Versoeningsdag

Groete tot dan!

Pastoor Kiewiet van Staden

Lees ook:

Die Tabelnakel van Moses: Deel 1 – Inleiding

Die Tabernakel van Moses: Deel 2 – Die wet en die tabernakel

Die Tabernakel van Moses: Deel 3 – Die Plan

Die Tabernakel van Moses: Deel 4 – Die Poort

Die Tabernakel van Moses: Deel 5 – Die Voorhof

Die Tabernakel van Moses: Deel 6 – Die Brandoffer Altaar (Die Koper Altaar)

Die Tabernakel van Moses: Deel 7 – Die Verskillende Offergawes

Die Tabernakel van Moses: Deel 8 – Die Koperwaskom

Die Tabernakel van Moses: Deel 9 – Die Tabernakel

Die Tabernakel van Moses: Deel 10 – Die Viervoudige Bedekking

Die Tabernakel van Moses: Deel 11 – Die Heiligdom

Die Tabernakel van Moses: Deel 12 – Die Reukofferaltaar (Goue altaar)

Die Tabernakel van Moses: Deel 13 – Die Goue Kandelaar

Die Tabernakel van Moses: Deel 14 – Die Tafel met die Toonbrode

Die Tabernakel van Moses: Deel 15 – Die Voorhangsel

Die Tabernakel van Moses: Deel 16 – Die Allerheiligste

Die Tabernakel van Moses: Deel 17 – Die Verbondsark

Die Tabernakel van Moses: Deel 18 – Die Versoendeksel of Genadetroon

Die Tabernakel van Moses: Deel 19 – Die Inhoud van die Ark

Die Tabernakel van Moses: Deel 20 – Die Hoëpriester

Volg ons asb: