Die duisendjarige vrederyk
Die oorwinning by Armageddon sal die duisendjarige vrederyk inlui, maar die verslane en gevange vyand moet eers verhoor en gevonnis word.
Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. – Open. 20:6
Die Bybel verklaar ondubbelsinnig dat die Vrederyk duisend jaar sal duur. In die oorspronklike tale word na ‘n dag van duisend jaar ook verwys as alahm (Hebreeus) en aioon (Grieks). Die verlostes (die wat weggeraap is, sowel as hulle wat in die groot verdrukking moes sterf vir hulle geloof) op aarde sal ‘n duisend jaar saam met Hom op die aarde regeer. (Open. 2:26, 27; 5:9; 10:4, 6)
Die Duisendjaar Vrederyk sal op die aarde plaasvind.
…sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle ’n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het. – Joël 3:2
Die volgende sal verhoor en gevonnis word:
- Satan word gevonnis tot eenduisend jaar gevangenisskap in die afgrond.
- Die Antichris en die valse profeet word onmiddellik in die vuurpoel, wat met swael brand, gewerp.
- Die leërs van goddelose mense wat deel gehad het aan die veldslag by Armageddon – hulle geeste word in die bewaarplek van die goddelose dooies gewerp, waar hulle moet wag vir die oordeel van die Groot Wit Troon. (Open. 19:17-18)
- Die heiden-nasies (uitgesluit die Jode – hulle word nie as ‘n nasie erken nie Num.23:9) wat nie deelgeneem het aan die slag van Armageddon nie en wie die groot verdrukking oorleef het.
Die verhoor sal soos volg plaasvind:
En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei. – Mat. 25:31-46
Bokke:
- Aan sy linkerhand
- Vervloektes
- Ewige straf – In ewige vuur
Skape:
- Aan sy regterhand
- Geseëndes/Regverdiges
- Ewige Lewe – die koninkryk
Die nasies wie toegelaat sal word om die vrederyk binne te gaan, is die nasies wie Israel goedgesind was gedurende die Groot Verdrukking en ondersteuning aan hulle verleen het. God het aan Abraham belowe en gesê:
..Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek… – Gen 12:1-3
Die skape word dus nou toegelaat om die duisendjarige vrederyk binne te gaan sonder om te sterf terwyl die bokke na ‘n ewige verderf gestuur word, ook sonder om te sterf.
Kuier gerus volgende week saam wanneer ons verder gaan gesels oor die laaste tema uit die boek van Openbaring:
- Die groot wittroon oordeel
Groete,
Pastoor Lorraine van Staden
Lees ook
Openbaring: Deel 1 – Inleiding & Chronologie
Openbaring: Deel 2 – Outeurskap en Doel
Openbaring: Deel 3 – Die wegraping
Openbaring: Deel 4 – Die regterstoel van Christus en die 5 krone
Openbaring: Deel 5 – Die groot verdrukking
Openbaring: Deel 6 – Die sewe seëls
Openbaring: Deel 7 – Die sewe basuine
Openbaring: Deel 8 – Die sewe skale
Openbaring: Deel 9 – Die wederkoms van Christus
Openbaring: Deel 10 – Die bruilof van die lam
Openbaring: Deel 11 – Die opruiming van die land
Bronnelys
Die Bybel. 1953. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Kaapstad.
Die briewe van Petrus — Die brief van Judas. Kaapstad : N.G. Kerk-Uitgewers, 1998,
Bet-El Bybelkollege. Eskatologie Studiegids.
