“Hackers” los vingerafdrukke op ons webblad

Image of man hacking into system

Die ondergrondse bendes was bedrywing oor die feestyd en Elkana Gemeenskapskerk Witbank het vinnig geleer dat niemand oorgesien word nie nadat kuberkrakers toegang tot die webblad gekry het en dit vol onvanpaste artikels en skakels geprop het.

Ons is huidiglik in kontak met die diensverskaffers om die probleem so gou moontlik op te los.

Hiermee vra Elkana Gemeenskapskerk Witbank om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak is deur hierdie insident. Ons wil ook ‘n beroep op u doen om onmiddelik aan Pastoor Kiewiet van Staden te rapporteer indien u enige verdagte inhoud op die webblad sou bespeur.

Elkana Groete

Volg ons asb: