Die Verbond: Deel 6 – Die Verbond van God met Noag

Die Verbond met Noag stel die beginsel van ‘n menslike regering in werking. Gen. 8:21.

Na die Edeniese krisis volg die ante-diluviaanse bedeling of voorsondvloedse bedeling. Satan het sy strategie ietwat verander, maar tog met dieselfde doel, nl. die verslawing van die mens aan homself en heerskappy oor die aarde. Die proses van sonde waarin sedeloosheid kenmerkend was, het die hele menslike ras besoedel en so amper die totale verderf van die mens bewerkstellig. God het weereens tussenbei getree en agt siele gered en so die menslike ras van algehele vernietiging bewaar.

wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

1 Pet. 3:20

Die Elemente

  • Die verwantskap (verhouding) van die mens tot die aarde. Die verbond van Adam word bevestig. Gen.8:21. (God sal nie die aarde verder vervloek nie.)
  • Die order van die natuur word bevestig. Gen.8:22 (saai en oes)
  • Menslike heerskappy word ingestel. Gen.9:1-6.
  • Die aarde word verseker teen ‘n herhaling van algehele oordeel deur water. Gen.9:11, Gen.8:21.
  • ‘n Profetiese verklaring is gemaak dat Sem ‘n besondere verwantskap tot die Here God sou hê. Gen.9:26-27. Alle goddelike openbarings is deur Semetiese (of Joodse) manne gedoen.

‘n Profetiese verklaring is gemaak dat nasies sal van Jafet afstam. Gen.9:27. Regeringstelsels, wetenskap en kuns in die breë sin van die woord is en was so te sê Jafeties, sodat die geskiedenis die onomstootlike bewys is van die vervulling van hierdie verklarings.

Die Babelkrisis

Kort na die vloedkrisis bespeur ons die eerste teken van die Satan se hernude en verwoede aanval op die mens, wat begin met die sonde van en die vloek op Gam, die seun van Noag. Die menslike ras het sterk geword en vermenigvuldig en as uitdaging aan God, het Satan die mens geïnspireer om ‘n toring te bou wat tot aan die hemel sou reik – die Toring van Babel. Gen.11:4.

In hierdie poging het Satan ‘n listige plan versin om die mens te verongeluk op dieselfde manier as wat hy homself verongeluk het, nl. deur die grootsheid van die lewe. God tree egter in en die bouverrigtinge word gestaak deur ‘n verwarring van tale. Gen.11:7.

Die Babelkrisis is dus die baken tot die Derde Tydperk in die menslike geskiedenis. Dit is ook die einde van die post-deluviaanse (na-sondvloedse) bedeling.


Kom kuier gerus weer saam vir die volgende paar weke wanneer ons die volgende onderwerpe gaan bespreek:

  • Die Verbond van God met Abraham
  • Die Verbond van God met Moses
  • Die Verbond van Palestina
  • Die Verbond van God met Dawid
  • Die Nuwe Verbond

Groete tot dan!

Pastoor Kiewiet van Staden

Lees ook:

Die Verbond: Deel 1 – Inleiding

Die Verbond: Deel 2 – Die Bloedverbond

Die Verbond: Deel 3 – Die nege stappe van die Bloedverbond

Die Verbond: Deel 4 – Die Verbond van Eden

Die Verbond: Deel 5 – Die Verbond van God met Adam

Volg ons asb: