Die Verbond: Deel 2 – Die Bloedverbond

Die Bloedverbond was in die Bybel (Ou Testament) ‘n baie welbekende en heilige instelling. Dit was die heiligste en onbreekbaarste vereniging tussen persone van daardie tyd. Die voltrekking van ‘n Bloedverbond was oor die wêreld feitlik dieselfde.

Die twee partye wat ‘n verbond aangaan of sluit, sluit ‘n verbond gebasseer op hul sterk en swak punte en nie wat hulle in gemeen het nie byvoorbeeld:

  • ‘n verbond tussen twee nasies wat langs mekaar woon, waarvan die een sterker is as die ander, om te verhoed dat die swakkere nie uitgeroei word nie.
  • ‘n verbond tussen vennote, waar die een na die ander se belange omsien in die ander persoon se afwesigheid.
  • ‘n verbond tussen twee mans wat mekaar vurig lief gehad het (Dawid & Jonathan)

Wanneer ‘n Bloedverbond gesluit was, was alles wat aan die een persoon behoort het, tot beskikking van die ander persoon. Omdat ‘n verbond op grond van verskille gesluit word, was dit nie ligtelik opgeneem nie.

Dit was bindend vir agt geslagte, terwyl God se verbond bindend is vir ‘n duisend geslagte (Deut 7:9, Ps 105:8).

Die dood was die enigste vrymaking van ‘n verbond. ‘n Verbond was meer bindend as om uit dieselfde moeder gebore te word, omdat dit vir ewig was, ongeag of die geslagte/persone oor die weg gekom het of nie (Bloed is dikker as water). 

Die verbond was by keuse van die persone, terwyl die familie waaruit die persoon gebore was, nie deel van die besluitneming was nie.

DIE PROSEDURE VAN DIE BLOEDVERBOND

Die Bloedverbond is deur God onderrig en was op een of ander wyse deur feitlik elke nasie op aarde beoefen. Dit blyk ‘n ingebore instink in die mens te wees om bloed te laat vloei om versoening vir sonde en onreg te doen.

Die twee persone wat ‘n verbond wou sluit, kom op ‘n bestemde tyd, met getuie van albei, op ‘n bepaalde plek, waar die seremonie sal plaasvind, bymekaar. (Moria & Golgota). In Gen. 15:10 lees ons dat ‘n offerdier gekies word. Die snit van die offerdier verskil van ‘n dier wat vir normale gebruik geslag word.


Kom kuier gerus weer saam vir die volgende paar weke wanneer ons die volgende onderwerpe gaan bespreek:

  • Die nege stappe van die bloedverbond
  • Die Verbond van Eden
  • Die Verbond van God met Adam
  • Die Verbond van God met Noag
  • Die Verbond van God met Abraham
  • Die Verbond van God met Moses
  • Die Verbond van Palestina
  • Die Verbond van God met Dawid
  • Die Nuwe Verbond

Groete tot dan!

Pastoor Kiewiet van Staden

Lees ook:

Die Verbond: Deel 1 – Inleiding

Volg ons asb: