Elkana groet die winter

ELKANA Gemeenskapskerk het op 31 Augustus 2019, die winter vaarwel geroep, terwyl hulle die Lente verwelkom het met ‘n Kermis (Lentefees) op dieselfde dag.

Die dag was gekenmerk deur saam te kuier met baie pret, plesier en groot bederf. Daar was verskeie aktiwiteite en stalletjies met eetgoed om van te kies en te keur en om in almal se behoeftes te voorsien. Daar was aktiwiteite vir oud en jonk en ‘n pragtige Tee-Tuin waar jy lafenis kon vind.

Alle fondse wat geïn is, gaan vir ons Sondagskool (KWS) en Jeug (TWEENS).

Die Kermis was ‘n groot sukses en Elkana Gemeenskapskerk wil almal hartlik bedank wat ons hierin ondersteun het, asook ons Gemeente se bystand en toewyding.

Ons wil egter ook aan die volgende donateurs ons bedanking oordra:

  • Legacy Ambulans dienste
  • F&B Timbers
  • Eye shop (Klipfontein)
  • Tony’s Open Market
  • Hygenic Slaghuis
  • JJC Steelworks
  • Dischem (East Rand Mall)
  • A.M.Trophies
  • Adel’s Deli
  • Hifi Corp (Highveld Mall)
  • Incredible Connections
  • ADC Treintjie
  • Yvette’s Cakes
  • Hyper Packaging
  • Elkana Gemeenskapskerk se lidmate

Al die lof, eer en aanbidding kom ons Koning en Verlosser, Jesus Christus, toe.

Elkana Groete.

Pastoor Kiewiet van Staden

Volg ons asb: