
In hierdie verbond was Christus die Laaste Adam.
Die verbond van Eden het die lewe van die sondelose (ongevalle) mens bepaal, m.a.w. het die lewe van die mens in totale onskuld bepaal. God het dus die mens volmaak geskape. God het die heerskappy en outoriteit aan die mens gegee om dit nooit weer terug te neem nie.
En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
Gen.1:26-27
Die beginsels (elemente) in die verbond was die volgende:-
- Om die aarde met mense te vul.
- Om die aarde te onderworpe aan menslike rasse.
- Om heerskappy te hê oor die dierlike skepping.
- Om plante en vrugte te eet.
- Om die tuin te bewerk en te versorg.
- Om hom te weerhou om van die boom van Kennis van Goed en Kwaad te eet.
- Die Straf – Die Dood.
Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
Gen.3:23-24
Satan het geen outoriteit op aarde gehad nie. Al sy outoriteit was van hom weggeneem toe hy die opstand teen God in die hemele gelei het (Jes.14:12). Hy het sonder besitreg op die toneel verskyn; maar deur die vrou te mislei, het hy die mens se volmag of outoriteit in sy eie hande in gemanipuleer en die god van hierdie wêreld geword (2 Kor.4:4).
Die mens het oortree en die vonnis moes voltrek word!
Satan steel God se meesterstuk – die mens. Die mens het sy outoriteit aan Satan afgestaan. Alhoewel God die doodsvonnis vir ongehoorsaamheid gevel het, het Hy steeds die mens wat Hy na Sy beeld en gelykenis geskape het, lief. Daar het God reeds die verlossingsplan beplan om herstel en versoening te bewerkstellig. God moes die verbond tussen Satan en die mens breek, sonder om terug te gaan op Sy woord. Omdat die mens die sleutelfiguur in die val was, moes die mens ook die sleutelfiguur in die verlossing wees.
Kom kuier gerus weer saam vir die volgende paar weke wanneer ons die volgende onderwerpe gaan bespreek:
- Die Verbond van God met Adam
- Die Verbond van God met Noag
- Die Verbond van God met Abraham
- Die Verbond van God met Moses
- Die Verbond van Palestina
- Die Verbond van God met Dawid
- Die Nuwe Verbond
Groete tot dan!
Pastoor Kiewiet van Staden
Lees ook:
Die Verbond: Deel 1 – Inleiding
Die Verbond: Deel 2 – Die Bloedverbond
Die Verbond: Deel 3 – Die nege stappe van die Bloedverbond