Die Verbond: Deel 5 – Die Verbond van God met Adam

In hierdie verbond was Christus die Saad van die Vrou.

Die verbond met Adam bepaal die lewe van die gevalle mens wat sal stand hou tot in die koninkryk tydperk.

Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe – nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het – in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.

Rom.8:20-21

Die elemente in die verbond van God met Adam

  • Die slang (satan se instrument) is vervloek en word in die natuur gebruik as God se illustrasie van die gevolge van sonde – van die mooiste en listigste van kreature tot die mees gehate reptiel.

Die verborgenheid van die verlossingsplan word hier uitgebeeld – Christus “wat vir ons sonde gemaak was” wat ons oordeel gedra het, word voorgestel deur die koper slang. Num.21:5-10

Koper spreek van oordeel: 2 Kor.5:21

  • In die Koper Altaar van God se oordeel.
  • In die Koper Waskom van selfoordeel.

Die eerste belofte van ‘n Verlosser (Gen. 3:15)

Hier begin die “Pad van die Saad”

  • Set, Noag               
  • Sem                                   
  • Abraham               
  • Isak                                    
  • Jakob                                 
  • Juda                                   
  • Dawid                                
  • Emmanuel-Christus: Jes.7:9-14, Matt.1:1, Matt.20:23, 1Joh.3:8, Joh.12:31
  • Die veranderde status van die vrou (Gen.3:16)
  • Toenemende bevrugting
  • Moederskap gepaard met smarte
  • Heerskappy van die man. Die aanvang van sonde, wat wanorde meebring, vereis ‘n heerser, wat gesetel is in die man. 1 Tim.2:11-14.
  • Die aarde vervloek ter wille van die mens (Gen. 3:17)

Dit is beter vir die gevalle mens om te veg met ‘n wederstrewige aarde as om sonder arbeid te sterf.

  • Die onvermydelike smart van die lewe (Gen.3:17)
  • Die ligte werk van Eden (Gen.2:15)

verander tot harde arbeid (Gen.3:18-19)

  • Liggaamlike dood (Gen.3:19, Rom.5:12-21)
  • “Geestelike dood”  (Gen.2:17)

God tree in

God laat die mens nie aan sy eie lot oor nie, maar tree in en maak voorsiening op die volgende twee maniere :

Figuurlik (Gen. 3:21)

God het vir die mens rokke van vel gemaak. Hieruit lei ons af dat bloedvergieting plaasgevind het, wat tiperend spreek van die versoening vir die mens se sonde deur die bloed van die Lam van God.

  • 1 Joh. 3:8 Doel van die Seun van God: Om die werke van die duiwel te verbreek.
  • Heb.9:12 Christus, die Lam van God, het Sy eie bloed vir ons gegee.
  • 1 Pet.1:2 Besprenkeling met Jesus se bloed.
  • Heb.10:22 Harte deur besprenkeling gereinig
  • 1 Pet.3:21 Doop is nie ‘n afwassing van die vlees nie, maar ‘n vraag om ‘n rein gewete. (Deur die opstanding van Jesus Christus)
  • Kol.1:14 Verlossing in Sy bloed – vergifnis van sonde
  • Hand.2:38 Vergifnis deur die doop.
  • Profeties

En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die haksteen byt.

Gen.3:15

Hierdie is die eerste Messiaanse profesie en spreek van die vernietiging van Satan se mag op Golgota.

  • 1 Joh.3:8 Die werke van die duiwel is verbreek
  • Kol.2:15 Owerhede en magte (van die duiwel) is uitgeklee en in die openbaar ten toongestel.
  • Rom.16:20 Satan spoedig onder julle voete verbrysel.

Die vernietiging van Satan se mag vind plaas in die volheid van die tyd. Gal.4:4. Met ander woorde toe Jesus Christus – God geopenbaar in die vlees – in die gestalte van ‘n menseseun op die aarde gewandel het.

  • Mark.1:15 Die tyd is vervul.
  • Joh.12:31 Nou is dit die oordeel. Nou sal die owerste van die wêreld buitentoe gedryf word. 

Kom kuier gerus weer saam vir die volgende paar weke wanneer ons die volgende onderwerpe gaan bespreek:

  • Die Verbond van God met Noag
  • Die Verbond van God met Abraham
  • Die Verbond van God met Moses
  • Die Verbond van Palestina
  • Die Verbond van God met Dawid
  • Die Nuwe Verbond

Groete tot dan!

Pastoor Kiewiet van Staden

Lees ook:

Die Verbond: Deel 1 – Inleiding

Die Verbond: Deel 2 – Die Bloedverbond

Die Verbond: Deel 3 – Die nege stappe van die Bloedverbond

Die Verbond: Deel 4 – Die Verbond van Eden

Volg ons asb: