
Waar?
DeWaal Rylaan 50, Model Park, Witbank
Wanneer?
Saterdag, 1 September 2018 (10:00-16:00)
ELKANA TWEENS het besluit om Kermis te hou – ja, daar gaan uitstekende aktiwiteite aangebied word. Alles om ons kinders bewus te maak van ELKANA TWEENS, maar om ook heerlik saam te kuier en te speel.
Daar gaan ‘n treintjie wees waarop jy kan ry, ‘n “rocket parachute”, springkasteel, “paintball”, en nog vele meer speletjies.
Die tannies en ooms gaan ook vir ons magies sorg, met heerlike kerrie & rys, hamburgers, boerewors rolletjies, “hotdogs sticks”, pannekoek asook ‘n snoepie – alles teen bekostigbare pryse.
Dan is daar ook ‘n restaurant waar Mamma en Ouma kan gaan koffie en tee drink, en dan word hulle nog bedien ook … terwyl julle buite baljaar! So, hulle gaan julle beslis nie aanjaag om gou-gou klaar te speel nie.
Daar is ook verskeie stalletjies met, gips beeldjies, speelgoed, juwele, hout speelgoed, “sand art” en nog vele meer.
Vir die Pappa’s en Oupa’s gaan daar ‘n voertuig-uitstalling gehou word van ou voertuie – wow, dink julle hulle gaan daarvan hou?
Vir die Pappa’s wat baie lief is vir braai, gaan daar ‘n lieflike braai uitgeloot word @ R50 ‘n lootjie. Daar is nog baie ander items wat ook uitgeloot gaan word, soos Puma rugby memorabilia’s (verskeie rugby items).
Die Bloedbank gaan ook op die terryn wees vir die Mamma’s & Pappa’s wat wil bloed skenk. Naas hulle gaan Legacy Ambulansdienste ook daar wees.

Die TWEENS KERMIS is ‘n interkerklike geleentheid waar alle denominasies welkom is om hierdie geleentheid by te woon. Ons slagspreuk is: Dieselfde tyd, dieselfde plek en bring ‘n maatjie.
Moet dit nie misloop nie – dit gaan groot pret wees!
Ons wil baie dankie sê aan almal wat deel is van hierdie groot byeenkoms. Mag julle ryklik geseën word.
Gaan daar cupcakes wees