Op Saterdag, 9 Augustus 2014 het die susters van Elkana Gemeenskapskerk te Witbank, bymekaar gekom vir ‘n wonderlike “Ontdekkingsreis van die self”. Met die aankoms is ons getrakteer op koffie en beskuit, asook verversings. Die oggend het sommer op ‘n hoë noot afgespring met die heerlike gekuier en kennismaking van al die nuwe vriendinne. Die program is deur Adri Uys geopen en daarna het die sprekers ons bedien met die Woord:
Lorraine van Staden : “Vind jou krag in Vreugde”
Clara Botha (Springs) : “Gebruik dit wat in jou is…”
Annatjie Rudolf : “Die vrou by die put van Jakob”
Sonja Stadler : “Bly positief in ‘n negatiewe wêreld.”
Daarna het ons vir ete verdaag en ons gemeente susters het die heerlikste kerrie en rys aan ons voorgesit. Die eetgoed was werklik uit die boonste rakke.
Die middag het al die dames deelgeneem aan ‘n Kreatiewe Werkswindel wat deur Adri aangebied is.
Die dag is afgesluit na ‘n heerlike samesyn en die dames het verkwik huiswaarts gekeer.
