Elkana Gemeenskapskerk besoek Witbank High School

Elkana Gemeenskapskerk is tans besig om uit te reik na die jeug in die Witbank omgewing. Die jeug is nie net die toekoms nie, maar God se gawe aan die kerk en die samelewing vandag. Volgens ‘n studie deur Dr. Thom Rainer is tieners vandag die mees onbereikte mense vir Christus. Minder as 10 persent van jeugdiges het Christus as hulle Heer en Verlosser aanvaar. Dit bevestig – daar is werk om te doen!

Die jeugleiers van Elkana Gemeenskapskerk het Woensdag, 6 Junie 2018, die wonderlike voorreg gehad om Witbank High School te besoek en saam met die leerders te bid. Ongelukkig het die program nie genoegsame tyd toegelaat om op ‘n meer persoonlike vlak met die kinders te deel nie maar daar is ooreengekom dat Elkana Gemeenskapskerk binnekort weer besoek sal aflê by die skool waartydens daar dan meer tyd beskikbaar gestel sal word om met die kinders te gesels.

Elkana Gemeenskapskerk wil Witbank High School bedank vir die tyd wat hul reeds gegun is en die toewyding van die personeel om hande te vat met Elkana Gemeenskapskerk om die jeug te bereik.

 

Volg ons asb: