Wanneer jou krag op is, begin Syne.
Sondag 26 April het Pastoor Kiewiet van Staden ons herinner aan een van die kragtigste beloftes in die Bybel: “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.” – Sagaria 4:6
In ‘n wêreld wat skree “druk harder, probeer meer, doen beter”, nooi God ons na ‘n ander pad. ‘n Pad van oorgawe. ‘n Pad waar die Heilige Gees doen wat ons hande nooit kan regkry nie.
In hierdie boodskap ontdek jy:
- Hoekom moegheid ‘n geestelike simptoom is, nie net ‘n fisiese een nie
- Die verskil tussen werk VÍR God en werk MÉT God deur Sy Gees
- Praktiese stappe om op te hou stoot en te begin rus in jou huwelik, werk en bediening
Of jy ‘n berg voor jou het wat nie wil skuif nie, of jy net moeg is om alles self te probeer dra — hierdie boodskap is vir jou.
Kyk of Luister Nou: