Hierdie Jesus wat van julle af opgeneem is na die hemel, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel sien weggaan het.” – Hand 1:11
14 Mei 2026, het ons Hemelvaart saam gevier by Elkana Gemeenskapskerk.
Pastoor Kiewiet van Staden het ons deur Handelinge 1:6-11 geneem met die vraag: Waarom staan en kyk julle na die hemel?
Die boodskap het ons herinner:
- Jesus is opgevaar, maar Hy sit op die troon en regeer nou.
- Ons is nie geroep om net te kyk en wag nie, maar om met krag en hoop te lewe.
- Die hemelvaart is ‘n belofte: Hy kom weer terug.
As jy nie kon bywoon nie, druk play en laat hierdie Woord jou fokus herstel.
SPREKER: Pastoor Kiewiet van Staden
TEKS: Handelinge 1:6-11
DATUM: Donderdag 14 Mei 2026
PLEK: Elkana Gemeenskapskerk, Witbank
SLUIT AAN BY ONS:
Sondae 10:00 | 50 De Waal Rylaan, Modelpark, Witbank
👨👩👧👦 Kinderkerk beskikbaar